|
3.10
Vaaldriehoek |
|
| Dit
was ook 'n groot gebeurtenis toe die Vaaldriehoekstreek in April
1994 by die Hoërskool Vanderbijlpark in Vanderbijlpark gestig is.
Dié geleentheid is deur meer as sestig entoesiastiese ondersteuners
bygewoon, o.a. Gerhardt Olckers, Willie Fourie en Nico van Rensburg
van die Dagbestuur. |
|

|
|
Kalie
de Jager (links), voorsitter van Vaaldriehoekstreek en lid van die
Dagbestuur Oktober 1994 |
| Die
voorsitter, vise-voorsitter en sekretaris/tesourier wat op
stigtingsdag aangewys is, is onderskeidelik Kalie de Jager, J.C.
Oosthuizen en Frans de Jager. Ander lede van die bestuur was toe P.
Engelbrecht, J.C. Oosthuizen (jnr.), A. de Lange, G. de Jager, C.
Pieters en C. du Plessis.
Daar
was, soos by alle ander stigtings, genoeg vrolikheid veral op die
maat van die Boeremusiek wat die Sonop Boereorkes, Rythm 5 en ander
musikante voorsien het. Die dans het amper na sonop se kant toe
gegaan, altans so het baie gewens. So begin 'n streek wat groot
potensiaal toon omdat hy gebiede soos Meyerton, Vereeniging,
Vaderbijlpark, Sasolburg en die hele ou Wes-Transvaal insluit.
Die
eerste kantooradres word aangedui as Posbus 306, Vanderbijlpark.
Terwyl die straatadres van die bestuurslid wat die notules hou,
Cornwallis Harrisstraat 20, Vanderbijlpark 1911
is. |
|

|
|
Rooihuiskraal,
Oktober 1994; Die Sonoporkes o.l.v. Kobus Oosthuizen (kitaar) |
|

|
|
Hoërskool
Vanderbijlpark se orkes op 10 Oktober 1994, Rooihuiskraal,
Verwoerdburg |
| Die
streek het genoeg musikante om Boeremusiek te bevorder en reken o.a.
op manne soos J.C. Oosthuizen, C. du Plessis en A. van Tonder. 'n
Verblydende verskynsel in die Vaaldriehoekstreek is die deelname van
jongmense aan die funksies van die Boeremusiekgilde. Dit geld die
leerlinge van die Laerskool Sasolburg en die Hoërskool
Vanderbijlpark veral. Albei dié skole rig ook Boereorkeste af.
Gelukkig het die streek borge wat help met die bevordering van
Boeremusiek veral SASOL l en J.C. de Waal. |
|

|
|
Die
Laerskool Sasolburg se orkes op 10 Oktober 1994 in Rooihuiskraal |
|

|
|
Rooihuiskraal,
Oktober 1994; Vaaldriehoek se tradisionele Boereorkes |
| Leierspersoonlikhede
in die streek is o.a. Kalie de Jager,
stigterslid van die Gilde en die TBK én Frans de Jager, vroeër
sekretaris van Vanderbijlpark se afdelingsbestuur en
NP-takvoorsitter. Kalie is ook Dagbestuurslid van die Gilde.
Wat
die nasionale- en streekskompetisie betref, is dié streek se
orkeste bereid om hulle bydrae te lewer. Die genoemde skoolorkeste
is teenwoordig, terwyl Jan Botes se orkes tradisoneel speel en die
Sonop Boereorkes weer modern. Ook ander musikante help graag met die
musiek. |
|