Tuisblad

Biografie

Memoirs

Versameling

Bewaring

Musikante

Jong Musikante

CD's

Skakels

Nuus

Uitbou

 

Uitbouing van Boeremusiek

Kliek vir groter foto

Om boeremusiek uit te bou of te wel te bevorder is geen maklike taak nie! 

Om die waarheid te sê, sonder TV of Radio, is dit amper 'n onbegonne taak. Vandaar die verskillende klubs. Dit bring mens nader aan die lede en ander boeremusiekliefhebbers. Daarom bly ek sê: Ollie Viljoen se TV kompetisie tussen 1980 en 1994, was 'n groot hupstoot vir boeremusiek. Jammer die kompetisie het ten einde geloop. Die nuwe kompetisie op kykNET is darem weer besig om momentum op te bou.

Boeremusiek word op beide die Radio en TV afgeskeep. Volgens die twee media is die kyk en luister getalle baie klein. Ek glo anders. Die boeremusiekondersteuners is te lam om hulle stemme te laat hoor! Ek het by 'n vergadering op 'n Saterdagaand waar 800 Boeremusiekliefhebbers bymekaar was, die mense baie mooi gevra om die SAUK die volgende Maandag te skakel en vir meer boeremusiek moet vra. Slegs 2 persone het geskakel!

Boeremusiekorganisasies
Tradisionele Boeremusiek Klub van Suid-Afrika (TBK)

Op 12 Maart 1981 is die Konsertinaklub van Suid-Afrika gestig. Die Klub het 'n naamsverandering ondergaan in 1989 na die Tradisionele Boeremusiek Klub gestig is. Die Tradisionele Boeremusiek Klub spits hom toe op tradisionele boeremusiek soos wat dit in die dertigerjare van die vorige eeu gespeel was; voordat elektrisiteit bestaan het. Slegs akoestiese kitare word toegelaat wanneer tradisionele Boeremusiek gespeel word.

Hier is 'n foto van die Konsertina Klub van SA (later TBK) by die eerste vergadering nadat Faan Harris se grafsteen opgerig is. Agter van links na regs staan: Johannes le Grange, Piet Bester, Kalie de Jager, Jasper Vlok, Stephaan van Zyl. In die middel sit Tom Senekal en voor sit Danie Labuschagne, Plato Michael en Lourens Aucamp. Kyk hoe jonk was die manne! Tom was op daardie stadium voorsitter.

 

Besoek gerus die webblad van die TBK om meer te wete te kom oor die doelstellings en werksaamhede van hierdie Klub. Kliek op die TBK logo hierbo om na hulle  webblad te navigeer.

Die Boeremusiekgilde

Die Boeremusiekgilde bevorder boeremusiek in al sy vorme en laat dit aan die musikant oor om sy talente te beoefen soos hy dit verkies.

Abe Koch

Die Boeremusiekgilde is op 9 Oktober 1989 gestig.  Ollie Viljoen was die eerste voorsitter van die Gilde. Abie Kock is tans die voorsitter van die Noordstreek van die Gilde. Die ander streke van die Gilde is: Westelike Provinsie; Oostelike Provinsie; Oranje-Vrystaat, Vaaldriehoek, Witwatersrand  en  Pretoria.

Verskeie takke van die gilde is aktief werksaam in elke streek.

Oranje-Vrystaat: Voorsitter: Piet Wessels. Kliek op die naam om die sekretaris  van die Vrystaatstreek per e-pos te kontak.

Kliek op die Gilde logo vir 'n skakel na die webblad van die Noordstreek Boeremusiekgilde.

Kontakbesonderhede vir die onderskeie Boeremusiekgildestreke wat onder die Noordstreek ressorteer is soos volg: (Kliek op die naam van die betrokke persoon om hom/haar per e-pos te kontak).

komitee-ovs.jpg (57403 bytes)

Boeremusiekgilde Streek, Oranje-Vrystaat

Voorsitter: Piet Wessels (geen e-pos)

Ondervoorsitter: Chantelle Meyer 

Sekretaris: Gerhardt Blaauw 

Foto: Leah Meyer, Alwyn Gouws (Beskermheer) Piet Wessels Charl Wessels, Gerhardt Blaauw en Chantelle Meyer 

(Sommige komiteelede was afwesig tydens die neem van hierdie foto) 

komitee-pta.jpg (52394 bytes)

Boeremusiekgilde Streek,  Pretoria

Voorsitter: Okkie Olckers

Onder-Voorsitter: Louis van Zyl (geen e-pos)

Sekretaresse: Joey Olckers 

Foto: Cas de Jager, Ockie Olckers ,

(Ray - nie komiteelid) Johan van Vuuren, Louis van Zyl , Eddie Jansen (onbekende nie-komiteelid), Annemarie Nel

Afwesig: Joey Olckers

komitee-vaaldriehoek.jpg (93352 bytes)

Boeremusiekgilde Streek: Vaaldriehoek

Voorsitter: Bert Venter (geen e-pos)

Onder-Voorsitter: Corrie de Wet (geen e-pos)

Sekretaris: Niel Taylor

Foto: Hier is enkele lede van die Vaaldriehoekstreek se komitee:

Niel Taylor, Corrie de Wet, Bert Venter  en LJ Labuschagne

komitee-wits.jpg (135826 bytes)

Boeremusiekgilde Streek: Witwatersrand 

Voorsitter: Willie Mynhardt

Onder-Voorsitter: Jurie vd Heever

Sekretaresse: Sandra Mynhardt

Foto: (Agter) Johan de Bruin, Fransie Swanepoel, Rika Herbst, Willem Herbst, 

(Voor) Jurie van den Heever, Sarie van den Heever, Dawn Lourens, Sandra Mynhardt en Willie Mynhardt. 

 

Hoe kan die media  Boeremusiek uitbou?

Suid-Afrika beskik oor 'n magdom van radio uitsaaistasies wat Boeremsusiek kan bevorder en uitbou.

Op hierdie tydstip is daar heelwat van hierdie stasies wat Boeremusiek wel bevorder.  Ek dink hier byvoorbeeld aan Radio Sonder Grense, Radio Pretoria, Radio IfmRadio Overvaal Stereo, Radio Oosrand en Radio Triomf om maar 'n paar te noem. Ons is  baie dank verskuldig aan hierdie stasies. Wat oorbly is dat  Boeremusiekliefhebbers hierdie( en ook ander) radiostasies aktief moet ondersteun.

Hedendaagse tegnologie en elektronika bied gelukkig 'n uitstekende geleentheid om die musiek van die verlede te laat herleef.  Verskeie persone en instansies is dan ook tans bedrywig om gewilde Boeremusieknommers terug te plaas op laserskywe. Ekself het pas die beste van Faan Harris en Silver de Lange op laserskyf gesit. Kontak my by wyse van my gasteboek of e-pos om meer hieroor uit te vind. U is ook welkom om  met my te skakel indien u nommers wat nie meer in die handel beskikbaar is nie graag wil bekom. Ek het 'n baie groot verskeidenheid waaruit u kan kies. Vir u gerief plaas ek weer 'n skakel na my e-pos adres hier...

 

Slegs 'n paar van ons vriende by die uitsaaimedia op hierdie stadium is:

Tinus Esterhuizen  en Fonnie du Plooy van  Radio Sonder Grense ;

Thinus

Susan van der Merwe van Radio Ifm;

Martin Jansens van Radio Pretoria;

Johan van Der Merwe van Radio Overvaal; en

Nicky van den Berg van  Radio Sonder Grense (so nou en dan!)

Vir al hierdie mense sê ons: "Hartlik dankie!! Hou so aan!!"

Het u enige voorstelle oor ander maniere waarop ons kan verseker dat Boeremusiek lewendig gehou word? Stuur asseblief vir my e-pos sodat ons gedagtes hieroor kan uitruil!

Konsertinas

Charles Wheatstone was die uitvinder van die "Engelse Konsertina" of die "Wheatstone", soos die meeste konsertinaspelers na hom verwys. Dié konsertina se populêre modelle was die tweery, driery en die drie en driekwartry. Almal basies dieselfde konsertina. Die een het net meer note. Charles Wheatstone was 'n klankingenieur en behalwe die konsertina het hy baie uitvindsels die lig laat sien wat veral vandag nog deur die spoorweë gebruik word.
Maar Suid Afrika het sy eie Wheatstone weergawe nl. Willie van Wyk. Daar is min Konsertinaspelers wat nog nie 'n draai by Willie gemaak het nie. Ek is baie trots om te kan sê Willie is in die Pietersburg distrik gebore en het op die plaas Tweefontein langs Lettie Oosthuisen (néé de Jager) gewoon. Daar het Willie Sondagskool bygewoon en by 'n traporrel gesing wat vandag aan my seun - George behoort. Willie woon tans in Kempton Park en is verskriklik besig met die bou van konsertinas. Willie lewer vakmanskap van die hoogste gehalte en is tans besig om met die Amerikaners te onderhandel vir die bou van konsertinas. Hier is 'n paar voorbeelde van Willie se konsertinas.

Willie van Wyk

Twee van Willie se konsertinas. Regardt de Bruin is die trotse eienaar van die "geel" konsertina. (links)