|
||||||
| Inhoudsopgawe | Voorwoord | Groeteboodskappe | Aanloop | Stigting | ||
| Groei | Toekomsperspektief | Fotobeeld | Bylae | |||
Nota: Gedurende die eerste Vyf jaar van die bestaan van die Boeremusiekgilde is die volgende streke gestig. Kliek op die naam van die streek in die linkerkantste kolom om meer oor elke streek te lees.
| 3. Totstandkoming van Streke | ||
| 3.1 | Oostelike Provinsie | Dit
is duidelik dat Boeremusiekklubs, soos dit genoem is, reeds voor die
formele stigting van die Boeremusiekgilde in Oktober 1989 totstand
gekom het. In die loop van 1987 tot 1991 is nege
Boeremusiekorganisasies op 'n streeksbasis gestig en sedertdien het
hierdie streke, op enkele uitsonderings na, goed ontwikkel.
Groeipyne en teleurstellings in die eerste vyf jaar van die Gilde is
wel kenbaar. Dit ontken niemand nie. Trouens, dit was te wagte en is
eintlik normaal. Dit hang ook daarmee saam dat streekbesture in baie
gevalle uit die meer bekende musikante van die streek saamgestel is,
m.a.w. nie altyd die mees bekwame leiers en bestuurders nie.
'n Musikant is nie noodwendig die beste kultuurleier nie, hoewel hy 'n onmisbare kultuurdraer is. Dit is een rede waarom daar redelik vinnig bestuursprobleme in sommige gebiede was, of die saak self nie so sterk soos dit moes, bevorder is nie. Dit kan ook wees dat in die gloedvolle oomblik van stigting so 'n betrokke liggaam nie genoeg gesonde oordeel aan die dag gelę het nie. Die belangrikste is egter dat daar in die eerste vyf jaar streekbesture tot stand gekom het wat die eerste tree op die breë Boeremusiekpad gegee het en daarin geslaag het om die organisasie op die spoor te hou en dus op sy koers. En dit is naamlik om Boeremusiek in al sy vorms weer terug te bring na die Suid-Afrikaanse samelewing. Veral die ou gevestigde liefhebber van Boeremusiek kon sę sy musiekoor word weer reggeprikkel. Hy kan nou weer met sy voete dans eerder as met sy swaar agterstewe soos ander danse wil. |
| 3.2 | Westelike Provinsie | |
| 3.3 | Witwatersrand | |
| 3.4 | Noord-Transvaal | |
| 3.5 | Natal | |
| 3.6 | Vrystaat | |
| 3.7 | Wes-Transvaal | |
| 3.8 | Verre Noord Transvaal | |
| 3.9 | Suid-Kaap | |
| 3.10. | Vaaldriehoek | |